Spreuke 27:24-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

24. Rykdom is nie vir altyd nie; selfs ’n koning se kroon hou nie geslagte lank nie.

25. As daar van ou gras hooi gemaak is, die gras weer begin uitloop,en die voer uit die berge ingebring is,

26. sal die skape weer wol gee en die bokke verkoop word vir die prys van ’n stuk grond.

27. Daar sal genoeg bokmelk wees om jou en jou gesin en ook nog jou slavinne te onderhou.

Spreuke 27