Spreuke 22:9-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. ’n Vrygewige man wat van sy kos vir armes gee, sal geseën word.

10. Jaag die spotter weg en saam met hom sal rusies padgee; die gestry en beledigings sal tot ’n einde kom.

11. Wie graag opreg wil wees en mooi praat met ander, het selfs die koning as vriend.

12. Die Here hou kennis in stand. Hy keer die woorde van die onbetroubare mens om.

13. “Daar is ’n leeu daarbuite!” sê die luiaard.“Ek sal gevang word as ek dit buite waag!”

14. ’n Vreemde vrou se woorde is ’n bodemlose put; as die Here vir jou kwaad is, sal jy daarin val.

15. Dwaasheid is eie aan ’n seun; ’n pak slae haal dit uit hom uit.

16. Wie arm mense verontreg om homself te verryk, of vir die rykes geskenke gee, sal self in armoede verval.

17. Gee aandag en luister baie goed na wat die wyse mense sê. Probeer verstaan wat ek jou wil leer.

18. My onderrig sal goed wees as jy dit jou eie maak en dit kan gebruik.

Spreuke 22