16. Wie arm mense verontreg om homself te verryk, of vir die rykes geskenke gee, sal self in armoede verval.
17. Gee aandag en luister baie goed na wat die wyse mense sê. Probeer verstaan wat ek jou wil leer.
18. My onderrig sal goed wees as jy dit jou eie maak en dit kan gebruik.
19. Vandag onderrig ek spesifiek vir jou sodat jy op die Herekan vertrou.
20. Ek skryf 30 voorskrifte vir jou neer. Hulle is vol raad en kennis.
21. Deur hulle sal jy in staat wees om die waarheid te herken en betroubaar verslag te doen aan die mense wat jou stuur.
22. Moenie ’n arm mens uitbuit net omdat hy arm is nie. Moenie die hulpelose in hofsake uitbuit nie.