Spreuke 21:25-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Die begeertes van ’n lui mens lei na sy dood. Hy weier om sy handeuit sy moue te steek.

26. Elke dag begeer hy net meer en meer. Die regverdige gee sonder om iets terug te hou.

27. God verafsku die offers wat goddeloses bring, veral as hulle dit doen met allerlei bymotiewe.

28. ’n Vals getuie sal omkom. ’n Betroubare getuie se getuienis staan vas.

Spreuke 21