Spreuke 21:2-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. ’n Mens dink dalkalles wat hy doen, is reg. Die Here besluit egter oor die bedoeling daaragter.

3. Die Here hou meer daarvan dat iemand reg doen en regverdig optree as dat hy offers vir Hom bring.

4. Hovaardige oë en hoogmoedige harte is ’n kenmerk van goddeloses, dit is hulle sonde.

5. Getroue werk lewer wins op. Afskeepwerk lei tot gebrek.

6. Skatte met leuens verwerf, beteken niks en bring net die dood.

7. Die geweld van goddeloses sleur hulle mee. Hulle weier mos om te doen wat reg is.

8. ’n Skuldige mens loop kronkelpaaie. ’n Mens wat opreg is, loop ’n reguit pad.

9. Dit is beter om op die hoekvan ’n platdak te bly, as binne-in ’n huis saam met ’n vrou wat oor alles stry.

10. ’n Slegte mens wens ander net sleg toe. Hy het niks oor vir sy medemens nie.

11. Wanneer jy iemand wat ander belaglik maak, laat boet vir sy dade,leer onervare mense wysheid daaruit. Wanneer jy iemand onderrig wat reeds wysheid het, leer hy nog meer daaruit.

12. Die regverdige God sien wat gebeur in die huis van goddelose mense. Hy bring teëspoed oor die goddelose mense.

Spreuke 21