Spreuke 2:17-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Sy het haar man gelos en vergeet van haar belofte aan haar God.

18. Haar huis is die kortpad na die dood. Haar weg eindig tussen die dooies.

19. Mense wat agter haar aangaan, kom nooit weer terug nie; hulle kom nooit weer op die paaie van die lewe nie.

20. Loop jy liewer op die pad van goeie mense.Hou by die paaie van die regverdiges.

21. Die opregtes sal in die land bly woon. Hulle wat eerbaar is, sal ongesteurd daar kan bly.

Spreuke 2