24. ’n Luiaard steek sy hand in die skottel, maar hy is te lui om dit na sy mond te bring.
25. As jy iemand wat spot, bestraf, leer jy dié wat nog onervare is. Wanneer jy ’n verstandige teregwys, word hy nog verstandiger.
26. ’n Seun wat sy pa aanrand en sy ma uit die huis jaag, is ’n veragtelike en skandelike mens.
27. My kind, wanneer jy ophou om te luister na teregwysing, draai jy jou rug op verstandige raad.
28. ’n Nuttelose getuie maak van ’n hofsaak ’n bespotting. Goddelose mense verorber kwaad.
29. Straf is opgeskryf vir mense wat ander belaglik maak,en slae wag vir die dwase.