Spreuke 19:12-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. As ’n koning kwaad word, is dit soos ’n leeu wat brul. Sy goeie gesindheid is soos dou op die gras.

13. ’n Dwase seun is ’n ramp vir sy pa. ’n Vrou wat bly neul, is soos water wat van die dak af drup.

14. Van sy pa kan iemand ’n huis of rykdom erf,’n verstandige vrou kry jy net by die Here.

Spreuke 19