Spreuke 16:19-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Eerder nederig lewesaam met armes as om buit te deel met hoogmoediges.

20. Hy wat na onderrig luister, sal voorspoed geniet.Dit gaan goed met elkeen wat op die Here vertrou.

21. Iemand wat wys is, word ’n verstandige genoem. As hy welsprekend is, kan hy ook ander leer.

22. Vir iemand met insig is dit die bron van sy lewe. Om dwase tereg te wys is dwaasheid.

Spreuke 16