Spreuke 15:23-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

23. Daar is vreugde daarin om die regte antwoord te hê.Wat is beter as die regte woord op die regte tyd?

24. Die lewenspad van ’n verstandige mens loop boontoe.Dit stuur weg van die doderyk daar onder.

25. Die Here vernietig die hoogmoedige se huis. Hy beskerm die grondgebied van die weduwee.

26. Die Here verafsku slegte planne. Hy hou van skoon gedagtes.

Spreuke 15