Spreuke 11:12-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Om neerhalend van ander te praat, getuig van dwaasheid. ’n Verstandige mens sal eerder stilbly.

13. ’n Geskinder lap geheime uit; betroubare mense bewaar geheime.

14. Sonder goeie leiding stort ’n volk in duie; dit is veilig om baie raadgewers te hê.

15. Dit is gevaarlik om vir ’n vreemdeling borg te staan;dit is veiliger om daarvoor nee te sê.

16. ’n Deugsame vrou verdien agting. Gewelddadiges jaag na rykdom.

17. ’n Mens wat vrygewig is, baat self daarby. ’n Wrede mens vernietig homself.

18. Goddeloses word skynbaar gou ryk, maar dit hou nie. Die regverdige sal ’n beloning kry wat vir altyd hou.

Spreuke 11