Sefanja 2:6-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Die kusgebied sal ’n weiveld wees,’n kampplek vir herders,en ’n skuiling vir skape.”

7. Dit sal ook ’n weiplek weesvir die oorblyfsel van Juda.In die aand sal die huise van Askelonhulle rusplekke wees.Die Here hulle God sal vir hulle sorgen hulle weer voorspoedig maak.

8. “Ek het gehoor hoe Moabverkleinerend praat,en hoe die Ammonietedie spot dryf.Hulle het my volk vernederen hulle grondgebied bedreig.

Sefanja 2