21. Mense van een stad sal aan die mense van ’n ander stad sê: ‘Kom ons gaan na Jerusalem toe en vra daar vir die Here om ons te seën en om die Here, die Almagtige, te soek. Ek gaan om dit te doen!’
22. Mense van baie nasies, selfs groot nasies, sal Jerusalem toe kom om die Here, die Almagtige, te soek en om te vra dat die Here hulle sal seën.”
23. Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: “In daardie tyd sal tien mense uit al die nasies en tale van die wêreld een Judeër aan sy kleed gryp en sê: ‘Ons wil saam met julle gaan, want ons het gehoor God is by julle.’”