Rigters 5:6-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. “In die dae van Samgar, die seun van Anat, in die dae van Jael, het die hoofpaaie stil geword, reisigers het afgedraai op die kronkelpaadjies.

7. Israel se platteland het ontvolk geraak, dit het agteruitgegaan totdat ek, Debora, na vore gekom het,’n moeder wat in Israel opgestaan het.

8. Die volk het nuwe gode vir hulle gekies, daar het toe oorlog in die stadspoorte losgebreek. Geen spies of skild was te sienonder Israel se 40 000 soldate nie.

9. “My hart bloei vir die leiers van Israel, vir die vrywilligers van die volk. Prys die Here.

10. “Julle wat op mooi donkies ry, wat op versierde saalsakke sit, julle wat op reis is, dink ’n bietjie na!

11. “By die drinkbakke sing hulle daaroor, hulle praat oor die oorwinning wat die Here behaal het, oor sy oorwinning vir die mense van Israel. “Die volk van die Herehet afgegaan na die poorte van die stad:

12. ‘Kom, Debora, kom!Word wakker, word wakker!Kom sing ’n lied!Kom, Barak, kom neem hulle gevange, vat jou gevangenes weg, seun van Abinoam!’

13. “Hulle wat oor was, het van Tabor afteen die magtiges opgetrek, die volk van die Herehet uitgetrek teen magtige soldate.

Rigters 5