1. Sing vir die Here ’n nuwe lied!Sing vir die Here, almal op aarde!
2. Sing vir die Here, loof sy Naam!Verkondig sy verlossing dag na dag.
3. Vertel die nasiesvan sy heerlikheid,aan al die volke van sy wonderdade.
4. Groot is die Here; lof kom Hom toe!Hý moet gedien word bo alle gode.
5. Die gode van die volke is niks,die Herehet die hemele gemaak!
6. Heerlikheid en majesteit is voor Hom;krag en glans is in sy heiligdom.
7. Erken die Here,geslagte van die aarde,erken die Herevir sy heerlikheid en mag.