16. Wie beskerm my teen goddeloses?Wie staan my by teen boosdoeners?
17. As die Heremy nie gehelp het nie,was die stilte van die graf my lot.
18. Toe ek sê: “My voet gly!”het u trou my ondersteun, Here.
19. Wanneer twyfel my oorweldig,het u troos my verbly.
20. Kan ’n bose regeerderaan U verbind wees,iemand wie se wette ellende bring?
21. Hulle span saam teen regverdiges,veroordeel onskuldiges tot die dood.
22. Maar die Here is my toevlug;my God is ’n rots waar ek kan skuil.
23. Hy sal hulle sondes vergeld,hulle vernietig oor hulle boosheid.Die Here ons God sal hulle uitwis.