Psalms 9:5-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Want U het in my guns beslis;U het op u troon as regterregverdig geoordeel.

6. U het die nasies berispe en die goddeloses vernietig;U het hulle name vir altyd uitgevee.

7. Die vyande se ondergang het gekom;hulle stede is puinhope vir altyd.Niemand kan hulle meer onthou nie.

8. Maar die Here regeer vir altyd,sy troon het Hy vir regspraak ingerig.

9. Hy sal die wêreldmet regverdigheid oordeel,en in billikheid oor die volke regspreek.

10. Die Here is ’n skuilplekvir die onderdrukte,’n toevlug in tye van moeilikheid.

11. Dié wat u Naam bely, vertrou op U,want niemand wat U soek,laat U in die steek nie, Here.

12. Sing lofliedere vir die Herewat op Sion woon,vertel van sy dade onder die volke.

13. Want Hy wat bloedvergieting wreek,gee om vir hulpelose mense.Hulle wat tot Hom roep in nood,dié vergeet Hy nie.

14. Here, wees my genadig.Kyk na die ellendewat haters my aangedoen het!Ruk my uit die poorte van die dood

15. sodat ek u dade bekend kan maak,U kan prys in die poorte van Sion,en kan jubel omdat U my gered het.

16. Die nasies het gevalin die gat wat hulle gegrawe het.Hulle voete is in hulle eie net gevang.

17. Die Here is bekendvir sy regverdige oordeel.Die goddeloses is gevang met hulle eie handewerk. Higgajon Sela

Psalms 9