Psalms 9:2-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Here, ek sal U prys met my hele hart.Ek sal vertel van al u wonderlike dade.

3. Ek sal juig in die vreugde wat U gee.Ek sal u Naam prys, o Allerhoogste.

4. Wanneer my vyande omdraai en vlug,sal hulle voor U struikelen vernietig word.

5. Want U het in my guns beslis;U het op u troon as regterregverdig geoordeel.

Psalms 9