Psalms 9:14-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Here, wees my genadig.Kyk na die ellendewat haters my aangedoen het!Ruk my uit die poorte van die dood

15. sodat ek u dade bekend kan maak,U kan prys in die poorte van Sion,en kan jubel omdat U my gered het.

16. Die nasies het gevalin die gat wat hulle gegrawe het.Hulle voete is in hulle eie net gevang.

17. Die Here is bekendvir sy regverdige oordeel.Die goddeloses is gevang met hulle eie handewerk. Higgajon Sela

18. Die goddeloses is op pad na die grafsoos al die nasies wat God vergeet.

19. Want die behoeftigesword nie vir altyd vergeet nie,en die hoop van die armessal nie vir altyd vernietig word nie.

20. Staan tog op, Here!Moenie dat mense U teëstaan nie!Laat die nasies voor U teregstaan.

21. Here, laat hulle bewe van angsen besef hulle is maar net mense. Sela

Psalms 9