Psalms 88:4-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Want my lewe is vol ellende,en die dood kom al nader.

5. Ek word getel saam met diéwat op pad is na die graf.Ek het geword soos ’n sterk manmet geen krag meer oor nie.

6. Ek word saam met dooies getel,saam met gesneuweldes in die graf,hulle vir wie U nie meer onthou nie,wat afgesny is van u versorging.

7. U het my heel onder in die diepste kuil gesit,in die donkerste dieptes.

8. U toorn rus swaar op my,u golwe het oor my geslaan. Sela

Psalms 88