Psalms 86:2-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Beskerm my, want ek is getrou aan U.Red my, want ek is u dienaar.U is my God op wie ek vertrou.

3. Wees my genadig, Here,want die hele dag roep ek tot U.

4. Gee tog vir my blydskap,want na U is my verlange, Here.

5. U is waarlik goed, Here, U vergewe.U is vol liefde vir almalwat by U hulp soek.

Psalms 86