8. Gebal, Ammon en Amalek,Filistea en die inwoners van Tirus.
9. Selfs Assirië het by hulle aangesluitas bondgenote van die nasate van Lot. Sela
10. Maak met hulle soos met Midian,soos U met Sisera en Jabinby Kisonspruit gedoen het.
11. By En-Dor is hulle vernietig,en het bemesting vir die grond geword.
12. Maak hulle leiers soos Oreb en Seëb,en al hulle aanvoerderssoos Seba en Salmunna.
13. Hulle het gesê:“Kom ons vat dit vir ons,hierdie land van God!”