Psalms 78:61-68 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

61. Hy het sy magtige ark prysgegee,sy glorie in die hande van vyande.

62. Hy het sy volk uitgeleweraan die swaard,want vir sy besondere eiendomwas Hy kwaad.

63. Hulle jong manneis deur vuur verteer,vir hulle jong meisiesis geen huweliksliedgesing nie.

64. Hulle priesters het deur die swaard gevalen hulle weduwees kon nie rou nie.

65. Toe het die Here ontwaaksoos iemand uit sy slaap,soos ’n sterk man ontwaakuit die bedwelming van wyn.

66. Hy het sy vyande teruggedryfen vir altyd aan skande oorgegee.

67. Hy het Josef se nageslag verwerp;die stam van Efraimhet Hy nie gekies nie.

68. Maar die stam van Juda het Hy gekies,vir Sionsberg, wat Hy liefhet.

Psalms 78