Psalms 78:22-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

22. want hulle het God nie geglo nie,en nie op sy verlossing vertrou nie.

23. Hy het die wolke daarbo beveel,die hemele se deure oopgemaak,

24. Hy het manna op hulle laat reën om te eet,uit die hemel brood vir hulle gegee.

25. Kos van engele het hulle geëet,kos in oorvloed het God gegee.

26. Hy het die oostewinduit die hemel losgelaat,en deur sy groot kragdie suidewind laat waai.

Psalms 78