Psalms 78:16-34 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Hy het waterstromeuit die rots laat vloei,die water soos riviere laat stroom.

17. Tog het hulle voortgegaanom teen Hom te sondig,en in die woestyn in opstand gekomteen Hom, die Allerhoogste.

18. Met opset het hulle God beproef,en kos geëis na eie smaak.

19. Hulle het God uitgedaag en gesê:“Kan God kos gee in die woestyn?

20. Toe Hy ’n rots geslaan het,het daar water uitgekomen strome het gevloei,maar kan Hy ook brood verskafen vleis gee vir sy volk?”

21. Toe die Here dit hoor,was Hy baie kwaad.’n Vuur het teen Jakob ontbrand;sy toorn het teen Israel ontvlam,

22. want hulle het God nie geglo nie,en nie op sy verlossing vertrou nie.

23. Hy het die wolke daarbo beveel,die hemele se deure oopgemaak,

24. Hy het manna op hulle laat reën om te eet,uit die hemel brood vir hulle gegee.

25. Kos van engele het hulle geëet,kos in oorvloed het God gegee.

26. Hy het die oostewinduit die hemel losgelaat,en deur sy groot kragdie suidewind laat waai.

27. Hy het vleis oor hullesoos sand laat reën,voëls soos die sand van die seestrand.

28. Hy het dit in hulle kamp laat val,oral rondom hulle tente.

29. Hulle het meer as genoeg geëet.Hy het gegee wat hulle gevra het.

30. Maar hulle hongerwas nog nie gestil nie.Met die kos nog in hulle mond,

31. het die toorn van God hulle getref.Hy het die sterkste manne neergevel,en die room van Israel neergeslaan.

32. Tog het hulle aanhou sondig,en geweier om in sy wonders te glo.

33. Daarom het Hy hulle dae in nietigheid tot ’n einde laat kom,en hulle jare in onheil.

34. Wanneer God sommigevan hulle laat omkom,het hulle weer na sy wil gevra.Dan het hulle berou getoonen ywerig na God toe teruggekom.

Psalms 78