Psalms 74:6-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Al die houtsneewerk het hullenou met byle en koevoete verpletter.

7. Hulle het u heiligdom verbrand,die woonplek van u Naam tot op die grond ontheilig.

8. Hulle sê vir mekaar:“Laat ons alles vernietig!”Toe verbrand hulle elke plek in die landwaar God vereer is.

9. Ons sien nie wondertekens nie;daar is geen profeet meer nie;en niemand by ons weetvir hoe lank nie.

10. Hoe lank, o God,sal ons vyande U bespot?Hoe lank sal hulle u Naam vir altyd beledig?

11. Hoekom hou U u regterhand terug?Steek uit u hand en vernietig hulle!

12. U, o God, is van lankal af my koning,U bring redding op die aarde.

13. Deur u krag het U die see verdeel,die koppe van seemonstersin die water vermorsel.

14. Die koppe van die Leviatanhet U verpletter.U het hom as kosvir die woestyndiere gegee.

Psalms 74