Psalms 68:5-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Sing tot God, lofsing sy Naam!Huldig Hom wat ry op die wolke.Sy Naam is Here – jubel voor Hom!

6. ’n Vader vir wese, ’n beskermer van weduwees;dít is God in sy heilige woning.

7. God gee aan die eensame ’n tuiste;dié wat gevange is, lei Hy na vryheid,maar opstandelinge woonin ’n verlate woestyn.

8. O God, toe U u volk uitgelei het,toe U deur die woestyn getrek het, Sela

9. het die aarde gebeween die hemele het laat reënvoor U, die God van Sinai,voor God, die God van Israel.

10. O God,U het oorvloedige reëns gestuurom u uitgedorde erfdeel te verkwik.

11. Daar het u volk hulle gaan vestig.In u goedheid het U, o God,ook vir die armes voorsien.

Psalms 68