8. Kyk hoe hulle mybeledig met hulle monde!Hulle wys hulle tandeterwyl hulle dink: “Wie sal ons hoor?”
9. Maar, Here, U lag vir hulle.U spot met al die nasies.
10. My sterkte, op U wag ek,want U, o God, is my skuilplek.
11. My troue God sal my tegemoetkom.God sal my laat neersien op my vyande.
12. Moenie hulle dadelik doodmaak nie,want my volk vergeet so gou;laat hulle steier deur u krag,en bring hulle tot ’n val,Here, ons skild.
13. Weens die sonde uit hulle mond,weens die woorde van hulle lippe,laat hulle gevang worddeur hulle hoogmoed,weens hulle vervloekingsen hulle leuens.
14. Vernietig hulle in u toorn!Wis hulle geheel en al uit!Dan sal hulle weetdat God in Jakob regeeren tot by die einde van die aarde. Sela