Psalms 51:8-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Maar U verwag waarheid in die hart.U leer my om wysheid te besit.

9. Neem weg my sonde met hisopsodat ek skoon kan wees,was mydat ek witter as sneeu kan wees.

10. Gee my tog weerblydskap en vreugde;U het my stukkend gebreek,laat my weer vol vreugde wees.

11. Moenie let op my sondes nie,en wis al my oortredings uit.

12. Skep vir my ’n rein hart, o God.Gee my ’n nuwe, standvastige gees.

13. Moenie my verbanwég van u teenwoordigheid nie,en moenie u Heilige Gees van my af wegneem nie.

14. Gee my tog weer die vreugdevan u reddingen maak my gewillig om U te gehoorsaam.

Psalms 51