Psalms 50:13-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Eet Ek dalk die vleis van bulle,of drink Ek die bloed van bokke?

14. Offer dankoffers aan God,en betaal jou geloftesaan Hom die Allerhoogste.

15. Roep na My in die dag van nood.Ek sal jou verlosen jy sal My eer.”

16. Maar vir die goddelosesê God:“Hoe durf jy my bepalings voorhouen jou op my verbond beroep?

17. Want jy verwerp my vermaningsen verontagsaam my opdragte.

18. Wanneer jy ’n dief sien,maak jy soos hy;en met egbrekersvereenselwig jy jou.

19. Jou mond verkondig kwaad,en jou tong praat bedrog.

20. Jy sit en beswadder jou broer,en praattot nadeel van jou eie broer.

Psalms 50