Psalms 49:17-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Moenie ontsteld word as die goddelose ryk worden sy woning nog mooier maak nie.

18. Hy kan niks met hom saamneemwanneer hy sterf nie;sy besittings sal hom nie volg nie.

19. Hoewel hy voorspoedig kan wees,en hulle hom toejuig oor sy sukses,

20. sal hy sterf soos sy voorouers voor homwat nie weer die daglig sal sien nie.

21. Die mens met rykdom sonder insigis net soos diere wat vergaan.

Psalms 49