Psalms 41:10-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. My beste vriend wat ek vertrou het,wat saam met my geëet het,selfs hy het sy rug op my gedraai.

11. Here, wees my genadig.Maak my weer gesondsodat ek hulle kan vergeld!

12. Ek weet dat U my liefhet,want my vyand seëvier nie oor my nie.

13. U hou my staandeomdat ek onskuldig is.U laat my altyd naby U bly.

14. Prys die Here,die God van Israel,van altyd af en tot in die oneindigheid.Amen, ja, amen!

Psalms 41