Psalms 38:2-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Here, moenie my in toorn strafen my in u woede kasty nie!

3. U pyle het my getref,u hand lê swaar op my.

4. As gevolg van u toornis my hele liggaam beseer;as gevolg van my sondeis elke been gebreek.

5. My oortredings het my oorweldigsoos ’n las wat vir my te swaar is.

Psalms 38