Psalms 37:13-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Maar die Here lag vir hom,want Hy sien sy dag van oordeelkom al nader.

14. Die goddelose trek die swaarden span die boogom die armes en behoeftigestot ’n val te bring,om hulle wat reg doen,dood te maak.

15. Maar hulle swaardsal hulle eie hart deurbooren hulle boogsal stukkend gebreek word.

16. Dit is beter om vroom te weesen min te besitas om boos te weesen baie besittings te hê.

17. Want die mag van die bosesal verpletter word,maar die Heresal die regverdiges beskerm.

18. Die Here ken die lewensdaevan die opregtes,en hulle erfdeelsal vir altyd bly bestaan.

Psalms 37