Psalms 35:6-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Maak hulle pad donker en glibberigterwyl die engel van die Herehulle agtervolg.

7. Al het ek hullegeen kwaad aangedoen nie,het hullevir my ’n strik gestel.Al het ek hulle nie benadeel nie,het hulle vir my ’n gat gegrawe.

8. Daarom, laat sy verderf skielik kom:Laat hy in sy eie strik gevang word.Laat hy val in die gatwat hy gegrawe het.

9. Dan sal ek juig in die Here,ek sal my verheug oor sy redding.

10. My hele wese sal uitroep:“Here, wie is soos Uwat die hulpelose reduit die mag van die sterke,en die armes en behoeftigesvan dié wat roof?”

Psalms 35