Psalms 35:2-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Vat kleinskild en grootskild.Maak gereeden kom tot my redding.

3. Neem u spies en werpspies opteen hulle wat my agtervolg.Laat ek hoor dat U sê:“Ek is jou redding!”

4. Verneder hulle wat my lewe soek,en maak hulle tot skande.Laat hulle wat kwaad teen my beplan,in verwarring omdraai.

5. Laat hulle weessoos kaf voor die windwat die engel van die Herewegblaas.

6. Maak hulle pad donker en glibberigterwyl die engel van die Herehulle agtervolg.

7. Al het ek hullegeen kwaad aangedoen nie,het hullevir my ’n strik gestel.Al het ek hulle nie benadeel nie,het hulle vir my ’n gat gegrawe.

Psalms 35