Psalms 30:10-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. “Wat sal dit U baat as ek sterf,as ek wegsak in die graf?Kan my stof U loofin die doderyk?Kan my stof u trou daar verkondig?

11. Luister, Here,en wees my genadig.Help my tog, Here!”

12. U het my droefheid verander in ’n dans van vreugde.U het my rouklere weggeneem en my met vreugde geklee.

13. Daarom sal ek sing tot u eer en nie swyg nie.Here my God, ek sal U dank vir altyd.

Psalms 30