Psalms 26:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Laat aan my reg geskied, Here,want ek was opregin my doen en late.Ek het op die Here vertrousonder om te twyfel.

2. Toets my, Here,en ondervra my.Ondersoek my motiewe en my toegeneentheid.

3. Want ek is gedurig bewus van u liefde;ek het volgens u waarheid gelewe.

Psalms 26