Psalms 25:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Ek rig my tot U, Here.

2. Ek vertrou op U, my God!Moenie dat ek in die skande kom,of my vyande oor my laat juig nie.

3. Niemand wat op U wag,word ooit beskaam nie,maar húlle word beskaamwat bedrieg sonder oorsaak.

4. Here, wys my die wegwat ek moet gaan,leer my u paaie.

5. Lei my deur u waarheiden leer my,want U, o God, is my redder.Die hele dag wag ek vol hoop op U.

6. Dink, o Here, aan u liefde en medelye,van altyd af deur U bewys.

Psalms 25