1. Luister na mywanneer ek smeekdat U aan my reg moet laat geskied, Here,luister na my geroep om hulp.Gee tog aandag aan my gebed,want wat ek sê, is met opregtheid.
2. Verklaar my nou onskuldig;U sien tog self wat reg is!
3. U het my gedagtes getoets,my in die nag ondersoek.U het my deeglik beproef,maar niks verkeerds gekry nie;ek is vasbeslote om nie te sondigin wat ek sê nie.
4. Wat mensewerk betref – ek het volgens u voorskrifte geleween nie die paaie gevolgvan geweldenaars nie.
5. My voetstappe was in u voetspore.My voete het nie gewankel nie.