Psalms 146:8-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Die Here laat die blindes weer sien.Die Here ondersteun dié wat swaarkry.Die Here het die regverdiges lief.

9. Die Here beskerm die vreemdelinge.Hy ondersteun weeskindersen weduwees,maar die pad van bose mensemaak Hy skeef.

10. Die Here regeer vir altyd.Sion, jou God is koning,geslag na geslag!Prys die Here!

Psalms 146