Psalms 145:13-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Want u koninkrykis ’n koninkryk vir alle tye.U heers geslag na geslag.

14. Die Here help almal wat geval heten dié wat swaarkry, tel Hy op.

15. Die oë van almalis hoopvol op U gerig;U gee aan almal kos op die regte tyd.

16. U maak u hand oop,en bevredig die begeertesvan al wat lewe.

17. Die Here is regverdig in al sy dade;en getrou in alles wat Hy doen.

Psalms 145