Psalms 139:15-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. My bene was vir U sigbaartoe ek stilletjies gevorm isin die dieptes van die moederskoot.

16. U het my gesien voor ek gebore is.In u boek is alles opgeteken;elke dag is bepaalvoordat een van hulle daar was.

17. Kosbaar is u gedagtes vir my,o God!Hoe onmeetlik is die totaal!

18. As ek dit sou moes tel,sou hulle meer wees as sandkorrels!Wanneer ek daarmee klaar is,sal ek nog steeds by U wees.

Psalms 139