1. Here, U deursoek myen ken my.
2. U weet of ek sit en of ek opstaan,U ken my gedagtes van ver af.
3. Of ek op pad is, en of ek gaan lê,elke oomblik weet U waar ek is.
4. Selfs voordat ek praat, Here,weet U al presies wat ek gaan sê.
5. U sluit my in van voor en van agter.U hand van seën is op my.
6. Dié kennis laat my in verwondering,dit is vir my te hoog om te begryp!