Psalms 136:16-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Hy het sy volk deur die woestyn gelei.Aan sy liefde is geen einde nie.

17. Hy het magtige konings uitgeroei,Aan sy liefde is geen einde nie.

18. en magtige konings doodgemaak:Aan sy liefde is geen einde nie.

19. Sihon, die koning van die Amoriete,Aan sy liefde is geen einde nie.

20. en Og, die koning van Basan.Aan sy liefde is geen einde nie.

21. Hy het hulle land as ’n erfdeel gegee,Aan sy liefde is geen einde nie.

Psalms 136