Psalms 119:77-82 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

77. Laat u medelye my oordeksodat ek kan lewe,want u gebooie is my vreugde.

78. Laat die verwaandes in skande komomdat hulle my vals beskuldig;maar ek sal u bevele oordink.

79. Laat u dienaars terugkom na my toe,hulle wat u voorskrifte ken.

80. Mag ek onberispelik weesin die uitleef van u gebooie;dan hoef ek nooit beskaam te wees nie.

81. Ek verlang na u redding;ek vertrou op u woord.

82. Ek ooreis my oë om te sienwanneer u beloftes waar word, en vra:“Wanneer sal U my vertroos?”

Psalms 119