26. My optredehet ek bekendgemaak,en U het geantwoord.Leer my nou u voorskrifte.
27. Leer my verstaandie betekenis van u bevele,sodat ek u wonders kan oordink.
28. Ek huil van droefheid;versterk my soos U in u woord beloof.
29. Bewaar my van leuenagtige weë;leer my in genadeu gebooie.
30. Ek het die betroubare pad gekies;ek lewe volgens u bepalings.
31. Ek hou vas aan u voorwaardes, Here.Moenie dat ek in skande kom nie!
32. Ek sal die pad van u gebooie navolg,want U sal my begrip verbreed.
33. Leer my, Here,hoe om u voorskrifte uit te voersodat ek hulletot die einde toe kan nakom.
34. Gee vir my insigdat ek kan leef volgens u gebooie,en dit van harte gehoorsaam.
35. Laat my wandel volgens u gebooie,want dis waarin ek vreugde vind.
36. Laat my verlang na wat U vereis;verhoed dat ek materialisties word.
37. Weerhou my van waardelose dinge;laat my lewe volgens u voorskrifte.
38. Bevestig opnuut aan my u belofte,wat bedoel is vir hulle wat U dien.
39. Neem weg die smaad wat ek vrees,want u bepalings is goed.
40. Ek verlang van harte na u bevele.Laat my lewe deur u geregtigheid.
41. Here, laat u troue liefde my oordek,die redding wat U my belowe het.
42. Dan kan ek my spotters antwoord,want ek vertrou op u woord.