Psalms 119:2-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Geseënd is hullewat sy waarskuwings gehoorsaam,Hom met volle oorgawe dien,

3. nie onreg pleeg nieen op sy paaie wandel.

4. U het ons opdrag gegee om u bevele noukeurig te onderhou.

5. Mag my optrede voortdurendweerspieël dat ek u voorskrifte wil nakom.

6. Dan sal ek nie tot skande komas ek maar net my oëop al u gebooie hou nie.

7. Wanneer eku regverdige bepalings bestudeer,wil ek U dankmet ’n opregte hart.

8. U voorskrifte sal ek nakom;moet my net nie verlaat nie!

9. Hoe kan ’n jongmens’n skoon lewe lei?Deur sy lewe in te rig volgens u woord.

10. Met my hele hart soek ek U;moenie dat ek afdwaalvan u gebooie nie.

Psalms 119