Psalms 119:107-115 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

107. Ek het baie swaargekry, Here.Vernuwe my lewe volgens u woord.

108. Here, aanvaar die offers van my mond,en leer my u bepalings.

109. My lewe is gedurig in die weegskaal,maar u gebooie sal ek nie vergeet nie.

110. Die goddeloses stel vir my ’n strik;tog sal ek van u bevele nie afdwaal nie.

111. U verbondsbepalings is my erfdeel vir altyd;dit is die vreugde van my hart.

112. Ek wil leef volgens u voorskrifte,vir altyd, tot die einde toe.

113. Ek haat besluitelose mense,maar u gebooie het ek lief.

114. U is my toevlug en beskermer;ek vertrou op u woord.

115. Gaan weg van my, kwaaddoeners,want ek gehoorsaam die gebooie van my God.

Psalms 119