Psalms 114:3-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Die see het dit gesien en gevlug,die Jordaanrivier het teruggedraai.

4. Berge het soos ramme rondgespring,die heuwels soos lammers.

5. Wat is verkeerd, see, dat jy vlug,Jordaanrivier, dat jy wegdraai,

6. berge, dat julle soos ramme spring,en julle, heuwels, soos lammers?

7. Bewe, aarde, in die teenwoordigheidvan die Here,in die teenwoordigheidvan die God van Jakob,

8. Hy wat die rots veranderna poele water,die vaste rotsna fonteine van water.

Psalms 114